ROOIBOS – DIE NATUUR SE NEKTAR

Die Rooibos-plant Aspalathus linearis vorm deel van die Kaapse Blommeryk wat algemeen as fynbos bekend staan. Hierdie peuldraende struik is ‘n lid van die Fabaceae-familie wat uit meer as 200 spesies bestaan. Dit kom inheems voor in die Sederberge rondom Clanwilliam.

Die ruwe bergpieke, skoon lug en helder waterstrome bied die perfekte omgewing vir hierdie plant met sy unieke gesondheidsvoordele. Rooibos is net so spesiaal soos die berge waar dié plant groei, en waar die stemme van die San-bevolking eens op ‘n tyd weerklink het. Hierdie inheemse bevolking se rotskuns teen die grotwande in die Sederberge dateer tot 6 000 jaar terug.

Rooibos is baie meer as net ‘n tee. Die mediese wetenskap het skaars begin om die talle voordele daarvan te bevestig. Talle studies toon dat dit die stres van ons daaglikse lewens teenwerk. Dit is ‘n natuurlike produk wat verskeie antioksidante bevat, maar geen kafeïen, byvoegings, preserveermiddels of kleurmiddels nie. Rooibos hou ook ander voordele in. Dit het onder meer krampwerende, kankerwerende en anti-allergiese eienskappe.

DIE GESKIEDENIS VAN ROOIBOS

Die mense van die Sederberge het teen die einde van die 19de eeu reeds geweet hoe om die wilde Rooibosplante te oes en te verwerk. Die blare en fyn stingels is met byle gekap en met hamers gekneus voordat dit in hopies bymekaar gemaak is om te fermenteer. Ná die fermentasieproses is die blare en stingels onder die warm Afrika-son oopgesprei om uit te droog. Daarna kon die Rooibos vir dorslessende drankies gebruik word. Vandag word Rooibos op baie dieselfde manier verwerk, maar die metodes is nou gemeganiseerd en baie meer verfyn.

Dit was eers in 1904 dat die Russiese immigrant Benjamin Ginsberg die bemarkingspotensiaal van Rooibos besef het. Ginsberg was ‘n afstammeling van geslagte van teehandelaars en het dus die kennis en ervaring gehad om die ‘geheim van die Sederberge’ aan ‘n wêreld ver anderkant hierdie blommeryk en ruwe berge bekend te stel.

Teen 1930 het dr. P le Fras Nortier, die plaaslike geneesheer en amateur-botanis, die geheim van die ontkieming van die Rooibossaadjies ontdek. Hy het toe saam met Olof Bergh, ‘n kommersiële boer, nuwe verbouingsmetodes ontwikkel en gou word Rooibos op ‘n baie groter skaal teen die hange van die Sederberge verbou. Dit is steeds die enigste plek in die wêreld waar Rooibos groei.

Die Rooibosteebeheerraad word in 1954 gestig om bemarking te reguleer en produkgehalte te verbeter. Die raad is in 1993 geprivatiseer en Rooibos Beperk is gestig.

Rooibos Beperk is as ‘n wêreldwye distribusienetwerk gevestig om in die toenemende vraag na hierdie gewilde produk te voorsien. Vandag is Rooibos in aanvraag in gemeenskappe wat strek van Japan en China tot Wes- en Oos-Europa, Brittanje, die VSA, die Stille Oseaan-gebied en Afrika.

Rooibos Beperk het deur skakeling met die internasionale mark geleenthede geïdentifiseer om ‘n groter verskeidenheid produkte, wat eie is aan hierdie deel van Afrika, volgens spesifieke kliëntebehoeftes te lewer – van roumateriaal en ekstrakte vir vermenging tot by verpakte produkte wat gegeurde Rooibos, Heuningbos, ongefermenteerde (‘groen’) Rooibos en kruievermengings insluit.

GOEIE GESONDHEID

Die mediese wetenskap begin nou om die talle voordele van Rooibos te ontdek. Dit is ‘n natuurlike produk sonder enige kafeïen, preserveermiddels en kleurmiddels. Daarby bied dit verskeie voordele wat lewensgehalte kan verbeter.

STRES, ANGS EN VERWANTE TOESTANDE

Talle fisieke ongesteldhede word deur stres en angs vererger, selfs al kan hierdie ongesteldhede nie regstreeks aan stres en angs toegeskryf word nie.

  • Rooibos is natuurlik kafeïenvry en het dus ‘n kalmerende uitwerking op die sentrale senustelsel. Dit word sterk aanbeveel vir mense wat aan senuspanning, matige depressie, hoofpyne of versteurde slaappatrone ly.
  • Die afwesigheid van kafeïen maak Rooibos die ideale drankie voor slaaptyd.
  • Omdat Rooibos slegs ‘n baie klein hoeveelheid oksaalsuur bevat, kan mense wat geneig is tot nierstene dit met gerustheid drink.
  • Velirritasies soos ekseem en aknee kan verlig word deur Rooibos direk op die aantaste deel aan te wend. Die kosmetiese bedryf maak toenemend van Rooibos as ‘n natuurlike bestanddeel in velsorgprodukte gebruik om te help om die vel se voorkoms te verbeter.
  • Rooibos bied verligting aan mense wat aan slaaploosheid, krampe, hardlywigheid en allergiese simptome soos hooikoors en asma ly. Dit maak Rooibos die ideale plaasvervanger vir tee en koffie, veral in die kantooromgewing waar irritasie maklik werkverrigting en konsentrasie kan belemmer.

SWANGERSKAP EN KINDERSORG

  • Rooibos is uiters doeltreffend vir die voorkoming van ‘n ystertekort tydens swangerskap en borsvoeding. Die tannien in gewone tee verhinder die opname van yster, terwyl kafeïendrankies twee van die algemeenste ongemaklikhede tydens swangerskap – naarheid en sooibrand – vererger. Rooibos kan heeldag lank geniet word sonder enige van hierdie nadele.
  • Rooibos se anti-spasmodiese eienskappe help om babakwale soos koliek en krampe te verlig. As babas se gewone voeding met Rooibos aangevul word, verhoog dit hul daaglikse inname van kalsium, mangaan en fluoried, wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling van ‘n gesonde beenstruktuur en tande. Rooibos verlig luieruitslag as dit tydens doekomruiling direk op die geïrriteerde vel toegedien word.

WERK VOORTYDIGE VEROUDERING TEEN

  • Navorsing oor die oorsake van die verouderingsproses dui op die teenwoordigheid van vrye radikale. Dit is verbindings wat deur ons eie liggaam vervaardig word as ‘n natuurlike byproduk van normale selfunksie en wat tot voortydige veroudering lei. Vrye radikale val gesonde selle aan, en die skade wat aangerig word, lei tot veroudering en die agteruitgang van die immuunstelsel.
  • Rooibos bevat antioksidante wat vrye radikale opruim om die skade te beperk.

LAE-KILOJOULE DIEET

Rooibos het ‘n natuurlike soet smaak en kan dus heeldag lank geniet word sonder om ‘n enkele kilojoule (kalorie) by die dieet te voeg. Die lae tannieninhoud van Rooibos maak dit maklik om sonder suiker of heuning te geniet. Dit is dus ideaal vir mense wat ‘n kilojoule-beperkte dieet volg.

VEELSYDIGE ROOIBOS

Rooibos is maklik om voor te berei en kan warm of koud geniet word. Omdat dit ‘n lae tannieninhoud het, is dit minder bitter en maklik om sonder suiker of heuning te drink. As ‘n warm drankie kan dit net so geniet word, of saam met melk of suurlemoen.

Dit is ook ideaal as ‘n ystee – voeg net ‘n versoeter soos heuning of suiker by of meng dit met vrugtesap. Vir ‘n unieke skemerkelkdrankie of vrugtepons, maak Rooibos aan en voeg vonkelwyn of rooiwyn by.

ROOIBOS OP DIE SPYSKAART

Die vloeistofinhoud van ‘n resep kan gewoonlik met voorbereide Rooibos vervang word om kleur en geur aan disse te gee. Rooibos is ook as ‘n natuurlike vleissagmaakmiddel wat as ideale basis vir marinades, sop en bredies dien. Kyk gerus na die Rooibos-resepte op ons webwerf by www.rooibosltd.co.za.

ROOIBOS SE VOEDINGSWAARDE

Voedingskundiges beveel aan dat ‘n mens se daaglikse maaltydkeuses uit die drie basiese voedselgroepe kom: proteïen, koolhidrate en vette. Dit vorm die grondslag van ‘n gebalanseerde dieet, wat met die inname van voldoende vloeistof aangevul moet word. Ses tot agt glase vloeistof per dag word aanbeveel.

Rooibos kan deel vorm van hierdie daaglikse vloeistofinname omdat dit geen nadelige byvoegings bevat nie. Dit bevat minerale, polifenole en antioksidante wat nodig is vir ‘n gesonde vel, tande, beenstruktuur en metaboliese prosesse.

ROOIBOS BPK, DIE WÊRELD SE VOORKEURVERSKAFFER

  • Rooibos Beperk is goed gevestig en ‘n betroubare verskaffer van Rooibos sedert 1954.
  • Die maatskappy is ‘n markleier wat 60% van die internasionale mark bedien.
  • Die maatskappy het kontrakte met meer as 140 produsente.
  • Die maatskappy se groot volume-basis en unieke vermengingstelsel waarborg produkte van deurlopend hoë gehalte.
  • Die maatskappy waarborg die deurlopende beskikbaarheid van voorraad wat op ‘n voorraadreserwebeleid gegrond is.
  • Kort produksietye en strategies geposisioneerde pakhuisfasiliteite oor die wêreld heen verseker vinnige aflewering.
  • Die maatskappy se omvattende produkreeks voorsien in kliënte se spesifieke behoeftes.
  • Rooibos Beperk is voortdurend met produknavorsing en -ontwikkeling besig, en volg ‘n innoverende benadering tot nuwe produkgeleenthede.
  • Hierdie eenstopdiens bied ‘n omvattende produkreeks wat doelspesifiek in kliënte se behoeftes voorsien. Produkte sluit in Rooibos, Groen Rooibos en Heuningbos in grootmaat, teesakkies en foeliepakkies, sowel as kitspoeiers en ekstrakte.
  • Sertifisering: Organies (EU, NOP en JAS), Kosher, Halaal, Fairtrade, Rainforest Alliance, UTZ en Heart Mark. Rooibos Beperk se aanleg word ook deur HACCP en FSSC gesertifiseer.
  • Verskeidenheid dienste: Vermenging, geuring, kontrakverpakking, ekstraksie en grootmaatverpakking.
  •  

Hoewel Rooibos Beperk ‘n groot verskeidenheid standaardprodukte bied, doen die maatskappy alles in sy vermoë om in die veranderende behoeftes van kliënte oor die wêreld heen te voorsien deur voortdurend nuwe produkte in vennootskap met kliënte te ontwikkel.

WAT ROOIBOS VIR JOU KAN DOEN

    • Rooibos is geheel en al suiwer en natuurlik omdat dit geen byvoegings, preserveermiddels of kleurmiddels bevat nie.
    • Rooibos is natuurlik kafeïenvry en het ‘n kalmerende uitwerking op die sentrale senustelsel. Dit word dus sterk aanbeveel vir mense wat ly aan prikkelbaarheid, hoofpyne, versteurde slaappatrone, slaaploosheid, senuspanning, matige depressie of hoë bloeddruk.
    • Maag- en spysverteringsprobleme soos naarheid, braking, sooibrand, maagsere en hardlywigheid kan verlig word deur kafeïenvrye Rooibos te drink.
    • Rooibos het anti-spasmodiese eienskappe wat vir volwassenes en babas verligting kan bring in geval van maagkrampe, koliek en spysverteringsongemak.
    • Rooibos het anti-allergeniese eienskappe wat die uitwerking van allergieë soos hooikoors en asma verminder.
    • Rooibos bevat kragtige antioksidante wat vrye radikale – wat ‘n byproduk van normale selfunksie is en wat die liggaam se natuurlike weerstand verswak – beveg. Só help Rooibos om voortydige veroudering teen te werk, die immuunstelsel te versterk en die aanvang van talle siektes te beveg.
    • Rooibos het kankerwerende eienskappe.
    • Rooibos het ‘n kalmerende uitwerking op die vel. As dit direk op die vel aangewend word, bring dit verligting vir vel wat jeuk of geïrriteer word deur ekseem, luieruitslag of aknee.
    • Rooibos is van nature soet, wat dit ideaal maak vir mense op ‘n verslankingsdieet.
    • Rooibos bevat baie min tannien en inhibeer dus nie die opname van yster in die liggaam nie.
    • Rooibos voorsien in die mens se daaglikse behoefte aan verskeie minerale – soos magnesium, kalium, koper, mangaan en fluoried – wat noodsaaklik is vir die metaboliese funksie en die ontwikkeling van ‘n sterk beenstruktuur en tande.
    • Rooibos bevat sink en alfa-hidroksiesuur, wat help om vel gesond te hou.
    • Omdat Rooibos slegs ‘n baie klein hoeveelheid oksaalsuur bevat, kan mense wat aan nierstene ly Rooibos met gerustheid drink.

Vir die jongste produkinligting en navorsing oor Rooibos, resepte, aanlyninkopies en baie meer, besoek ons webwerf by www.rooibosltd.co.za

Posbus 64, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Telefoon: +27 (0)27 482 2155 | Faks: +27 (0)27 482 1844
E-pos: info@rooibosltd.co.za
www.rooibosltd.co.za
www.shoprooibos.com