Suksesse van Clanwilliam Skaakklub

Rooibos Beperk het onlangs besluit om die plaaslike Clanwilliam Skaakklub deur middel van ’n skenking te ondersteun. Clanwilliam Skaakklub het ’n baie goeie 2021 beleef vir ’n klub wat slegs 2 jaar bestaan.

Hoogtepunte sluit in:

  • Die aanbieding van twee Skaak Suid-Afrika gradeerde toernooie in Clanwilliam;
  • Die deelname aan twee ander Skaak Suid-Afrika gradeerde toernooie in Vredenburg en Lambertsbaai;
  • ’n Speler van Clanwilliam Skaakklub is aangewys as die Weskus Ope wenner 2021;
  • Die president/voorsitter van Clanwilliam Skaakklub is verkies tot Weskus Skaak se uitvoerende bestuur;
  • Die Skaakklub is vir tweede agtereenvolgende jare deel van die Departement van Sport- en Kultuur se Ontwikkelingsprogram;
  • Die Skaakklub ontvang ’n borgskap van Rooibos Beperk;
  • Die Skaaklub het ’n samewerkingsooreenkoms met Rural Impact, ’n Cederberg NGO wat hulp verleen aan slagoffers van geslags- en gesinsgeweld;
  • Die Skaakklub se prestasies was in vier koerant uitgawes gepubliseer, naamlik in drie uitgawes van Ons Kontrei en een uitgawe van Weslander;
  • Die Clanwilliam Skaakklub was betrokke by stigting van ’n nuwe Skaakklub in Vanrhynsdorp.

Clanwilliam Skaakklub beplan om nuwe hoogtes in 2022 te bereik. Die klub se top prioriteit is om die Laerskole-program na ’n hoër vlak te neem, vir albei laerskole in Clanwilliam. Die klub het ook reeds drie toernooie op hul kalendar vir 2022 wat hul in Clanwilliam wil aanbied.

Die skaakklub is met die Weskus Unie in gesprek om die toernooie as Jaarlikse Clanwilliam toernooie op hulle kalender te lys. Die toernooie is:

  • Clint van Rooyen Memorial Challenge (May 2022);
  • West Coast Rural Tournament (Sept. 2022); en
  • West Coast Prestige (Top 20 West Coast Chess players compete in this exclusive tournament) (Nov. 2022).