Wat beteken dit dat Rooibos nou ‘n beskermde naam is?

Die naam “Rooibos” word nou beskerm op dieselfde manier waarop kalamata-olywe en sjampanje beskerm word. 

Dit beteken dat ‘n produk net as Rooibos bestempel mag word, indien dit in die erkende en aangewese gebiede (in die Wes-Kaap en Noord-Kaap) verbou is en onderhewig was aan baie spesifieke prosesse. 

Op Saterdag, 3 Julie, het Ruhann Steyn van Noordwes-Universiteit oor Rooibos se erkenning deur die Europese Unie, en die belangrikheid daarvan, op RSG gesels.

Jy kan die potgooi hier onder luister.